Goeie dag
Ons hoop dit gaan goed met jou en jou familie. Dit is amper die einde van die jaar en dit is tyd om jou naam op die Redenaars waglys vir 2025 Nuwe Toesprake te plaas. Indien jou naam reeds op die waglys is sal ons jou kontak sodra ons kan begin skryf.
Die nuwe ATKV temas vir 2025 is vandag bekend gemaak op die
ATKV se webwerf:
Huistaal Graad 1 tot 3
Klei
Stem
Beweeg
Huistaal en Addisionele Taal Graad 4 en 5
Streep
Resep
Vloek
Huistaal en Addisionele Taal Graad 6 en 7
Kits
Spiraal
Ritme
Huistaal en Addisionele Taal Graad 8 en 9
Klatergoud
Vergelyk
Mengelmoes
Huistaal en Addisionele Taal Graad 10 tot 12
Debakel
Agenda
Wentelbaan
Ons word elke jaar oorval met navrae en bestellings vir nuwe toesprake en kan ongelukkig nie almal help nie.
Indien jy
belangstel in 'n professionele topgehalte nuwe toespraak (uniek en spesifiek geskryf vir jou kind),
plaas gerus solank jou naam op die waglys. Klik asb. op die skakel en voltooi al die besonderhede op die epos so volledig as moontlik.
Voor jy bestel, bevestig asb. met jou kind se skool se redenaarsorganiseerder dat die skool wel die ATKV se temas volgende jaar gaan gebruik.
Pryse vir nuwe toesprake is as volg:
Gr 1-3 – R750 (gewoonlik 2-4 min lank)
Gr 4-7 – R860 (gewoonlik 3-5 min lank vir Gr. 4-5, en 4-6 min lank vir Gr. 6-7)
Gr 8-12 – R965 (gewoonlik 5-7 min
lank)
Alleenreg:
- Alle nuwe toesprake word spesifiek volgens bestelling geskryf.
- Alle nuwe toesprake is beskikbaar vir alleengebruik (landswyd) vir die Redenaars seisoen (maks 12 maande) waarvoor dit gekoop word.
- Alle toesprake bly die eiendom van Redenaars.co.za en sal na die verstryking van die alleenreg as 'n bestaande toespraak voorbeeld beskikbaar gestel word.
- Neem asb. kennis van die vrywaringsklousule hieronder.
* Vrywaringsklousule:
Met die aankoop van Nuwe Toesprake versoek ons dat u 'n beredeneerde onderwerp formuleer en ten minste 3 stawende argumente uiteensit. Dit is om te verseker dat die toespraak:
- Op die regte vlak van jou kind is,
- Pas by sy / haar persoonlikheid,
- Voldoen aan julle spesifieke vereistes. en
- Jou kind se eie siening, mening en idees weerspieël.
Indien u versuim om dit te doen, aanvaar u volle
verantwoordelikheid vir die uitkoms van die toespraak en vrywaar u Redenaars.co.za en ons skrywers teen enige eise of versoeke om die toespraak te verander of oor te skryf. Sulke versoeke sal dan verdere kostes tot gevolg hê.
Kontak ons gerus met enige ander navrae deur ʼn e-pos te stuur
na info@redenaars.co.za.
Baie dankie vir julle ondersteuning!
Vriendelike Redenaars-groete
Andries
Besturende Direkteur
Redenaars.co.za